Saturday, March 5, 2011

Wat soek jy in jou Fotograaf?

1. Styl
03_prewedding_pick
Fotograwe verskil baie wat styl betref. Gaan kyk na die Fotograaf se Websites en stel vas of jy gemaklik is met die styl. Maak ook seker dat as daar meer as een fotograaf by n bepaalde diens is, dat jy presies weet wat die persoon se inslag is. Maak die Fotograaf gebruik van Photoshop of ander programme en hou jy van hulle tegnieke.
2. Voorkoms van Fotograaf
Fotograwe is gedurig op die voorgrond, maak seker dat die persoon se voorkoms/kleredrag in lyn is met die gevoel van die dag. Daar is niks so sleg soos ’n trou video met ’n fotograaf wat elke paar minute heen en weer loop en glad nie inpas by die tema van die dag nie. So ’n persoon het die vermoë om uit te staan soos ’n seer vinger. Die persoon moet nie net ingestel wees op die foto’s nie, maar op die hele proses.
3. Die Pakket
Maak seker wat presies die pakket behels. Vra of julle die hoë resolusie foto’s kry, hoeveel en hoe groot is die foto’s wat julle kry. Wat is die koste per uur, is daar ekstra fooie vir oortyd. Is daar spesiale produkte soos Albums, Canvas drukke ens.
Baie van die goeie fotograwe bied ’n uitgebreide diens aan soos:
· Voor-troue foto geleentheid: Die doel van hierdie tipe geleentheid is dat die fotograwe die kliënte kan ontmoet en dat party gemaklik met mekaar kan raak. Dit maak dat jy baie meer ontspanne is op jou troudag omdat jy weet wat om te verwag.
Dit gee ook vir jou kans om te praat oor wat jy regtig wil hê. Dit is ’n lekker ontspan geleentheid. Dit help ook dat jy mooi foto’s het vir jou uitnodigings en geskenkies. Hier is ’n goeie voorbeeld van ’n goeie Trou fotograaf se website http://196.3.165.99/PhotoElements/03preweddings.html
· Troudag: Op die troudag gebeur alles vinnig. Die Bruid moet aantrek, grimeer, hare doen. Die Bruidegom arriveer by die kerk. Die Bruidsmeisies is op verskillende plekke. Maak seker hoeveel fotograwe gaan op die dag daar wees. Dit is belangrik dat julle ’n rustige fotograaf het wat weet wat hulle doen en ’n kalmerende effek op julle kan hê.
· Trash the dress: Unieke geleentheid na die tyd waar die trouklere getrash word. Dit vind gewoonlik plaas by ’n eksotiese en romantiese plek waar hulle, in water kan speel, hardloop en klim.
4. Hoe vinnig gaan die foto’s beskikbaar wees
Hoe lank sal julle moet wag vir julle foto’s. Sal dit sigbaar wees op ’n website.
5. Ondervinding is belangrik
Kyk hoeveel ondervinding het die fotograaf, dit is ’n absolute noodsaaklikheid. Kyk na hulle website, vra om van die ander troues wat hulle gedoen het se foto’s te sien.
6. Kontrak
Maak seker dat alles wat julle oor gepraat het op die kontrak staan en dat alle kostes deeglik beskryf is.
7. Back-up toerusting en assistent.
Maak seker dat die fotograaf back­­­-up toerusting het en vind uit of daar ’n assistent is. Onthou julle moet ook die fotograaf vir die onthaal bespreek en ook deeglik saam met hulle sit en praat oor watse tipe foto’s julle by die onthaal wil neem. As daar spesifieke persone is waarvan julle foto’s wil hê, maak seker dat julle iemand aanwys om die fotograaf te help om die persone te kry.

No comments:

Post a Comment