Tuesday, March 12, 2013

Gratis program om jou begroting vir jou troue te doen

As daar nou een ding is wat ’n troue kan versuur dan is dit geld. Daar is soveel klein goedjies waaraan ’n mense net eenvotwenty_flying_hg_clrudig nie dink nie. Dit is juis hierdie klein goedjies wat maak dat jy op die ou end platsak is. Hierdie programmetjie is so opgestel dat die meeste van hierdie goed ingesluit is, maar dat daar ook genoeg plek om dit waaraan ons nie kon dink nie by te voeg. Dit wat nie van toepassing is op jou nie, los jy eenvoudig net uit. Laai dit hier GRATIS AF
clip_image002

Tuesday, February 26, 2013

My Troue Checklist

wedding checklist Om ’n huwelik te beplan is nie een van die eenvoudigste dinge in die lewe nie. Die vraag oor waar jy begin, wat gedoen moet word en wanneer dit gedoen moet word kan eenvoudig oorweldigend wees. As jy ryk genoeg is, kan jy sekerlik ’n “Wedding Planner” aanstel. Jy moet egter reg wees om die rekening te dek¸ gewoonlik 10% van die koste van die huwelik. Om die lewe bietjie makliker te maak het ek gaan kyk na al die dinge wat moet gebeur. Hierdie lys behoort vir jou ’n goeie begin plek te gee. Alles is nie noodwendig van toepassing op jou troue nie. Indien jy die lys uitbrei stuur dit terug sodat dit makliker is vir die volgende paartjie. Laat die Checklist gratis hier af.

Wednesday, January 11, 2012

Huweliksvoorbereidings kampe

Huweliksvoorbereiding
Die besluit om te trou is waarskynlik een van die grootste besluite wat ‘n mens neem, aangesien dit twee mense lewenslank aan mekaar verbind. Dit kan een van die wonderlikste ervarings wees of dit kan ’n nagmerrie wees.
Geen huwelik is gewaarborg nie! Ons almal leef met vrae en benoudhede. Daarom is dit belangrik om voor die tyd te gesels oor die belangrike dinge. Deesdae lees ons dat ongeveer 58% van huwelike eindig met egskeiding. Ten minste 15% van die ander is ongelukkig. Iemand het eendag gesê dat as dit so moeilik is om gelukkig getroud te wees dan kry sy die jammer wat ongelukkig getroud is! Dit is genoeg om enige persoon twee keer te laat dink. Goeie kommunikasie en verstaan van mekaar se verwagtings saam met 'n  intieme verhouding met God gee egter hoop. Die Huwelik is God se droom en maak die lewe net soveel meer besonder. Tydens die Huweliksvoorbereidings kamp wil ons saam werk om kwesbaarhede (rooi ligte) te identifiseer en bevredigend deur werk tot albei partye vrede daaroor het.
Daar is ‘n maksimum van 5 paartjies per naweek en die gesprekke vind plaas op ‘n gemaklike manier. Dit is nie net geleenthede waar julle toegespreek word nie, maar waar julle aktief deelneem aan die gesprek.

Monday, December 12, 2011

Evaluering Huweliksvoorbereidingskamp

Na 5 jaar se huweliksvoorbereidingskampe het ons op n punt gekom waar ons graag die kampe wou evalueer. Die afgelope twee weke kon mense wat in die verlede die kamp bygewoon het die evauleringsvorm op die web invul. Oor die afgelope 5 jaar was daar 125 paartjies wat deur die kampe is, maw 250 mense. Die reaksie wat ons op die evaluering versoek gekry het was 73 persone(paartjies) wat reageer het. Die punte toegeken en verwerk tot presentasie wat mense gegee het vir hulle belewenis. Die skaal loop dus van 0%(Sleg) tot 100% Uitstekend. Van die vrae het ook plek gehad vir terugvoer. Ons plaas dit dan ook so, soos dit deur die deelnemers geskryf is.
Ek en Danette was aangenaam verras deur die uitkomste van die evaluering. Ons het voor die tyd gese dat ons die resultate hier sal weergee. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan die proses.
Hier volg die evaluering:
Vraag 1: Hoeveel het die Huweliksvoorbereidings kampe julle gehelp?
97.26%

Monday, March 7, 2011

Wat het jou Predikant/Pastoor of Huweliksbevestiger van jou nodig?

As jy na jou Predikant/Pastoor of huweliksbevestiger gaan wat is die nodige dokumentasie wat jy moet saamneem? Die Huwelikswet van Suid-Afrika vra dat Huweliksbevestigers die volgende inligting moet verskaf. Dit word ook vereis dat die paartjie se vingerafdrukke geneem word. Hierdie lys van benodighede is beskikbaar vir aflaai as deel van die groter “My Troue Checklist

image

Sunday, March 6, 2011

Beplanning van die Huweliksbevestiging: Inkleding van die Diens

As dit kom by die beplanning van die Huweliksdiens dan dink ons dat daar ’n vaste raamwerk is. Die goeie nuus is dit is nie6a00d834515c6d69e2010536f194a3970c-320wi waar nie.  Daar is sekere aspekte wat in die diens moet wees, maar die diens is soepel en kan kreatief ingekleur word. In hierdie artikel gaan ons kyk na verskillende moontlikhede(onhou julle kan dit rondskuif en ook ander voorstelle op die tafel plaas) en nodige inligting:
1. Laaste inligting ten opsigte van die Venue Laai Af
2. Huwelisdiens Laai Af

Saturday, March 5, 2011

Wat soek jy in jou Fotograaf?

1. Styl
03_prewedding_pick
Fotograwe verskil baie wat styl betref. Gaan kyk na die Fotograaf se Websites en stel vas of jy gemaklik is met die styl. Maak ook seker dat as daar meer as een fotograaf by n bepaalde diens is, dat jy presies weet wat die persoon se inslag is. Maak die Fotograaf gebruik van Photoshop of ander programme en hou jy van hulle tegnieke.
2. Voorkoms van Fotograaf
Fotograwe is gedurig op die voorgrond, maak seker dat die persoon se voorkoms/kleredrag in lyn is met die gevoel van die dag. Daar is niks so sleg soos ’n trou video met ’n fotograaf wat elke paar minute heen en weer loop en glad nie inpas by die tema van die dag nie. So ’n persoon het die vermoë om uit te staan soos ’n seer vinger. Die persoon moet nie net ingestel wees op die foto’s nie, maar op die hele proses.
3. Die Pakket
Maak seker wat presies die pakket behels. Vra of julle die hoë resolusie foto’s kry, hoeveel en hoe groot is die foto’s wat julle kry. Wat is die koste per uur, is daar ekstra fooie vir oortyd. Is daar spesiale produkte soos Albums, Canvas drukke ens.
Baie van die goeie fotograwe bied ’n uitgebreide diens aan soos:
· Voor-troue foto geleentheid: Die doel van hierdie tipe geleentheid is dat die fotograwe die kliënte kan ontmoet en dat party gemaklik met mekaar kan raak. Dit maak dat jy baie meer ontspanne is op jou troudag omdat jy weet wat om te verwag.

Gereedskap om Gastelys, RSVP's en Geskenke te behartig

Orchid_White Ek glo julle sien baie uit na julle huwelik en al die jare van vreugde wat voorlê. Die gevaar is dat ’n mens so besig kan raak met die troureëlings, dat julle mekaar heeltemal mis. Dit is die ideale plek vir misverstande, twyfel en seer. Dit is juis hierdie tyd wanneer beide van julle die spanning moet hanteer van alles wat nog gedoen moet word en die groot keuses wat jy maak en die spanning wat dit meebring. Om dit makliker te probeer maak vir julle is daar ’n paar dinge wat ek kan doen.

Ek het geleer dat omtrent elke paartjie ’n paar maande voor hulle huwelik deur ’n stryd gaan of dit die regte persoon is, want die hoeveelheid konflik wat deur die troureëlings veroorsaak word, is so groot dat dit die vermoë het om die hele verhouding oor te neem. Dan word daardie lekker tydjies met mekaar gevul met TROU BEPLANNING of trou stress.