Tuesday, March 12, 2013

Gratis program om jou begroting vir jou troue te doen

As daar nou een ding is wat ’n troue kan versuur dan is dit geld. Daar is soveel klein goedjies waaraan ’n mense net eenvotwenty_flying_hg_clrudig nie dink nie. Dit is juis hierdie klein goedjies wat maak dat jy op die ou end platsak is. Hierdie programmetjie is so opgestel dat die meeste van hierdie goed ingesluit is, maar dat daar ook genoeg plek om dit waaraan ons nie kon dink nie by te voeg. Dit wat nie van toepassing is op jou nie, los jy eenvoudig net uit. Laai dit hier GRATIS AF
clip_image002

Tuesday, February 26, 2013

My Troue Checklist

wedding checklist Om ’n huwelik te beplan is nie een van die eenvoudigste dinge in die lewe nie. Die vraag oor waar jy begin, wat gedoen moet word en wanneer dit gedoen moet word kan eenvoudig oorweldigend wees. As jy ryk genoeg is, kan jy sekerlik ’n “Wedding Planner” aanstel. Jy moet egter reg wees om die rekening te dek¸ gewoonlik 10% van die koste van die huwelik. Om die lewe bietjie makliker te maak het ek gaan kyk na al die dinge wat moet gebeur. Hierdie lys behoort vir jou ’n goeie begin plek te gee. Alles is nie noodwendig van toepassing op jou troue nie. Indien jy die lys uitbrei stuur dit terug sodat dit makliker is vir die volgende paartjie. Laat die Checklist gratis hier af.