Wednesday, January 11, 2012

Huweliksvoorbereidings kampe

Huweliksvoorbereiding
Die besluit om te trou is waarskynlik een van die grootste besluite wat ‘n mens neem, aangesien dit twee mense lewenslank aan mekaar verbind. Dit kan een van die wonderlikste ervarings wees of dit kan ’n nagmerrie wees.
Geen huwelik is gewaarborg nie! Ons almal leef met vrae en benoudhede. Daarom is dit belangrik om voor die tyd te gesels oor die belangrike dinge. Deesdae lees ons dat ongeveer 58% van huwelike eindig met egskeiding. Ten minste 15% van die ander is ongelukkig. Iemand het eendag gesĂȘ dat as dit so moeilik is om gelukkig getroud te wees dan kry sy die jammer wat ongelukkig getroud is! Dit is genoeg om enige persoon twee keer te laat dink. Goeie kommunikasie en verstaan van mekaar se verwagtings saam met 'n  intieme verhouding met God gee egter hoop. Die Huwelik is God se droom en maak die lewe net soveel meer besonder. Tydens die Huweliksvoorbereidings kamp wil ons saam werk om kwesbaarhede (rooi ligte) te identifiseer en bevredigend deur werk tot albei partye vrede daaroor het.
Daar is ‘n maksimum van 5 paartjies per naweek en die gesprekke vind plaas op ‘n gemaklike manier. Dit is nie net geleenthede waar julle toegespreek word nie, maar waar julle aktief deelneem aan die gesprek.