Wednesday, January 11, 2012

Huweliksvoorbereidings kampe

Huweliksvoorbereiding
Die besluit om te trou is waarskynlik een van die grootste besluite wat ‘n mens neem, aangesien dit twee mense lewenslank aan mekaar verbind. Dit kan een van die wonderlikste ervarings wees of dit kan ’n nagmerrie wees.
Geen huwelik is gewaarborg nie! Ons almal leef met vrae en benoudhede. Daarom is dit belangrik om voor die tyd te gesels oor die belangrike dinge. Deesdae lees ons dat ongeveer 58% van huwelike eindig met egskeiding. Ten minste 15% van die ander is ongelukkig. Iemand het eendag gesê dat as dit so moeilik is om gelukkig getroud te wees dan kry sy die jammer wat ongelukkig getroud is! Dit is genoeg om enige persoon twee keer te laat dink. Goeie kommunikasie en verstaan van mekaar se verwagtings saam met 'n  intieme verhouding met God gee egter hoop. Die Huwelik is God se droom en maak die lewe net soveel meer besonder. Tydens die Huweliksvoorbereidings kamp wil ons saam werk om kwesbaarhede (rooi ligte) te identifiseer en bevredigend deur werk tot albei partye vrede daaroor het.
Daar is ‘n maksimum van 5 paartjies per naweek en die gesprekke vind plaas op ‘n gemaklike manier. Dit is nie net geleenthede waar julle toegespreek word nie, maar waar julle aktief deelneem aan die gesprek.

Ons gaan stilstaan by die volgende
· Die belangrikheid van “commitment”
· Hoe om julle verskille te identifiseer en te waardeer.
· Die kuns van kommunikasie
· Konflik hantering
Die belangrikheid daarvan om tyd saam te spandeer en om julle vriendskap te versorg.
· Om seker te maak die ander voel geliefd
· ‘n Goeie seksuele verhouding
· Om te gesels oor julle drome
1. Kommunikasie. Dit is belangrik dat paartjies die belangrikheid van kommunikasie sal verstaan, maar ook hoe dit deur persoonlikheid, familie geskiedenis en omstandighede beïnvloed word.
2. Commitment. Commitment gaan oor die hart van ‘n huwelik waar paartjies kies om hulle lewens so in te rig dat die ander persoon altyd eerste kom. Dit beteken ook dat daar gekyk word na wat het julle van mekaar nodig.
3. Konflik hantering. Konflik kan ‘n huwelik vernietig of dit kan ‘n huwelik sterk maak. Daar word gekyk hoe woede hanteer word, verskille gevier word, kyk na die soek van oplossings. Daar word ook gekyk na wat vergifnis werklik is.
4. Hou die Liefde lewendig. Hier gaan gekyk word wat nodig is binne julle huwelik sodat julle nader na mekaar kan groei.
5. Gedeelde waardes en lewens doel. Alhoewel die verskille gevier moet word, moet die paartjie doelgerig iewers heen op pad wees. Julle gaan genoeg tyd kry om oor die toekoms te praat tov. Kinders, diere, finansies en geloof.
6. Mediese. Danette hanteer ook die mediese geskiedenis van die paartjies en gee ook meer inligting oor voorbehoedmiddels.
Myers-Briggs Persoonlikheids toets. Voor die naweek gaan jy geleentheid he om die gratis Myers-Briggs persoonlikheid stoets te doen wat ons dan gedurende die naweek gaan hanteer.

Waar: Die kampe word by Ysterfontein gehou. Ons bly in n wonderlike plek teen aan die see met n pragtige uitsig.


Wanneer: 
23-25  Maart 2012, 31 Augustus –2 September 2012,19-21 Oktober 2012 en 2-4 November



Kostes: R450 per persoon vir die naweek, ingesluit verblyf, kos en materiaal.

Bespreek gou BEPERKTE aantal plekke beskikbaar
Die Huweliksvoorbereidings kursus is ontwikkel deur Dr’s Paul en Danette Barnard. Hulle het die kursus die afgelope paar jaar in die Kaap aangebied waar dit van krag tot krag gaan.
clip_image006 Paul is voltydse Familiepredikant by Helderberg gemeente en het ook sy Doktorale studies in pastoraat voltooi by Princeton. Danette is ’n Mediese dokter en boonop nog ma van drie woelige seuns.
Vir meer inligting skakel Paul Barnard by 0823749520 of stuur e-pos aan paul@nghelder.co.za

No comments:

Post a Comment