Tuesday, February 26, 2013

My Troue Checklist

wedding checklist Om ’n huwelik te beplan is nie een van die eenvoudigste dinge in die lewe nie. Die vraag oor waar jy begin, wat gedoen moet word en wanneer dit gedoen moet word kan eenvoudig oorweldigend wees. As jy ryk genoeg is, kan jy sekerlik ’n “Wedding Planner” aanstel. Jy moet egter reg wees om die rekening te dek¸ gewoonlik 10% van die koste van die huwelik. Om die lewe bietjie makliker te maak het ek gaan kyk na al die dinge wat moet gebeur. Hierdie lys behoort vir jou ’n goeie begin plek te gee. Alles is nie noodwendig van toepassing op jou troue nie. Indien jy die lys uitbrei stuur dit terug sodat dit makliker is vir die volgende paartjie. Laat die Checklist gratis hier af.

1 comment:

  1. Omtrent die reëlings:
    'n Troue en al die reëlings wat daarmee gepaard gaan het die neiging om 'n lewe van sy eie aan te neem. Die stres op ons verhouding is groot (ons beplan huidiglik ons troue!).

    Een ding wat 'n mens moeg maak is die volgende scenario: Omdat dit heeltyd op mens se gedagtes is, is een van ons twee telkens geneig om op die mees ongeleë tyd iets te sê soos "Hey het jy onthou om XYZ te reël"? En dit kan natuurlik enige tyd van die dag gebeur. Die probleem hiermee is dat 'n mens later nie tyd kry om te ontspan of mekaar se geselskap net te geniet nie.

    Dit ontsuur die hele ding en maak elke geleentheid 'n stresvolle ervaring want jy WEET êrens gaan die troue opkom in elke gesprek.

    Dus het ons die volgende besluit gemaak: Ons het besluit om elke dag (dis nou 'n maand voor die troue!) 'n meeting te hou, waar ons alles en nog wat kan (en moet!) bespreek wat die reëlings betref. Dan wil ons 'n lysie hou van al die goedjies wat gedoen moet word en dan kan ons albei elke dag terugvoer gee, vrae vra en selfs van plan verander tydens hierdie meetings.

    Die plan is dan om die res van ons saam-tyd te geniet soos gewoonlik en ons reëlings te tref deur die dag.

    Ons het sopas hierdie besluit geneem en het nog nie ons plan in werking gestel nie, maar ons begin more en ek glo dit gaan 'n hengse verskil maak.

    Baie dankie vir jou blog Paul, en ons hoop dat ons klein inset miskien ander paartjies ook kan help.

    Liefde-groete
    Tom & Lelani

    ReplyDelete