Saturday, March 5, 2011

Die drie verskillende Huwelikskontrakte.

‘n Paartjie wat  in die huwelik wil  tree het die keuse van die volgende huweliksbedelings:
  • binne  gemeenskap  van  goederemagnifying_glass_contract_hg_clr
  • buite gemeenskap  van  goedere met  die  aanwasbedeling
  • buite  gemeenskap  van goedere sonder die aanwasbedeling
1.  ‘N HUWELIK BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE
Volgens  die  Suid-Afrikaanse  reg  word  ‘n  huwelik  wat  sonder  ‘n voorhuwelikse kontrak gesluit word, geag binne gemeenskap van goedere te wees.  Wanneer partye binne gemeenskap van goedere, ontstaan ‘n gemeenskaplike boedel met die  twee  partye  as  gesamentlike  administrateurs van  die gesamentlike boedel. Alle bates en skulde  van  beide  partye, hetsy verkry voor, tydens  wat  hulle  tydens huweliksluiting  besit  of  daarna bekom, word in gelyke onverdeelde dele gehou deur beide partye en beide partye  is ook gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir alle  laste (skulde)  van  enige  van  die  partye  tot  die  huwelik hetsy aangegaan voor of na huweliks sluiting.  Die blootstelling van die gemeenskaplike boedel aan alle skulde van beide partye voor en na huweliksluiting is 'n groot risiko veral in gevalle waar een van die partye sy of haar eie besigheid besit.

Elke party  tot die huwelik het  ‘n  reg om die boedelbates van die gemeenskaplike boedel te vervreem alhoewel die toestemming van die ander party tot sodanige vervreemding altyd benodig word, soms skriftelik en  soms  mondelings.    In  die  geval  van  dood  van  enige  van  die huwelikspartye  val  die  hele  gemeenskaplike  boedel onder  die administrasie  van  die  Eksekuteur  en  moet  die  hele  boedel  deur  die Eksekuteur  beredder  word.    Ook  hierdie  aangeleentheid  veroorsaak praktiese probleme  tydens boedelbereddering wat vermy kon geword het deur ‘n ander huweliksbedeling te kies.
2.  BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE SONDER DIE AANWASBEDELING
In hierdie geval moet die huwelikspartye voor huweliksluiting  ‘n Voorhuwelikse kontrak  laat  opstel en registreer .   Die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit en is elke party die eienaar van sy of haar eie boedelbates. By ontbinding van die huwelik word daar nie gedeel in die aanwas of groei van die boedels nie. Die partye  nie  vir mekaar se skulde aanspreeklik is nie, behalwe in gevalle waar hulle vir mekaar borg geteken het. In geval van dood word net die oorlede party se  boedel  geplaas  onder  die  administrasie  van  ‘n  Eksekuteur en  beredder deur die Eksekuteur. Hierdie opsie moet omsigtig gekies word in gevalle waar die omstandighede dit regverdig.
3.  BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE MET DIE AANWASBEDELING
Ook  in  hierdie  geval  word,  deur  middel  van  ‘n  voorhuwelikse  Notariële huweliksvoorwaardeskontrak die  gemeenskap  van  goedere  en  van  wins  en  verlies uitgesluit.  Elke party  is dus weereens  verantwoordelik  vir  sy of haar eie skulde  en  die  eienaar  van  sy  of  haar  eie  bates.   Hierdie  bedeling maak egter daarvoor voorsiening dat bates wat  tydens die duur van die huwelik bymekaar  gemaak  word,  ongeag  op  wie  se  naam  dit  geplaas  word,  in gelyke dele deur die partye gedeel sal word by ontbinding van die huwelik.
Hierdie bedeling  is  ‘n populêre keuse vir paartjies wat vir die eerste maal trou en nog nie groot en waardevolle boedels bymekaar gemaak het nie. Aanwas beteken in wese dat behalwe vir sekere bates wat deur die partye tydens  die  aangaan  van  die  aanwas  uitgesluit  word,  alle  ander boedelbates en die groei daarvan, deel vorm van die aanwas boedel wat in gelyke  dele  tussen  die  partye  verdeel  sal  word  ingeval  van  dood  of egskeiding.   Dit is veral 'n goeie keuse waar een van die partye sy of haar eie besigheid bedryf. Die opsie gee die voordele van 'n verdeling van bates met die verdere voordeel van batebeskerming teen krediteure.
In leketaal beteken dit dus dat die partye nie aanspreeklik is vir mekaar se skulde nie maar dat hulle weld deel in wat hulle bymekaargemaak het gedurende die bestaan van die huwelik. Die deling geskied net by die ontbinding van die huwelik wat plaasvind by die dood van een van die partye of egskeiding. Hierdie huweliksbedeling laat baie buigbare en kreatiewe boedel beplanning toe.
Die “aanwas” is die mate wat partye se onderskeie boedels gegroei het by die
ontbinding van die huwelik, in ander woorde, die bedrag wat die netto waarde van ‘n gade gegroei het oor oor die periode van die huwelik. Die aanwas van die partye word van mekaar afgetrek en die gade wat die minste aanwas getoon het, het ‘n eis van 50% in die verskil tussen die partye se aanwas.  Die Aanvangswaarde van die betrokke partye word opgegee by die sluiting van die huweliksvoorwaardekontrak en reflekteer die party se netto batewaarde op daardie stadium. Indien u onseker is hoe dit bereken word kan u die vorm in die aflaai seksie gebruik gebruik om u netto batewaarde te bepaal.

No comments:

Post a Comment