Saturday, March 5, 2011

Gereedskap om Gastelys, RSVP's en Geskenke te behartig

Orchid_White Ek glo julle sien baie uit na julle huwelik en al die jare van vreugde wat voorlê. Die gevaar is dat ’n mens so besig kan raak met die troureëlings, dat julle mekaar heeltemal mis. Dit is die ideale plek vir misverstande, twyfel en seer. Dit is juis hierdie tyd wanneer beide van julle die spanning moet hanteer van alles wat nog gedoen moet word en die groot keuses wat jy maak en die spanning wat dit meebring. Om dit makliker te probeer maak vir julle is daar ’n paar dinge wat ek kan doen.

Ek het geleer dat omtrent elke paartjie ’n paar maande voor hulle huwelik deur ’n stryd gaan of dit die regte persoon is, want die hoeveelheid konflik wat deur die troureëlings veroorsaak word, is so groot dat dit die vermoë het om die hele verhouding oor te neem. Dan word daardie lekker tydjies met mekaar gevul met TROU BEPLANNING of trou stress.


In hierdie tyd is dit juis nodig dat julle kan tyd saam spandeer waar julle nie oor die troue praat nie. Waar julle al die lekker dinge gaan doen wat julle altyd gedoen nie. Ongelukkig/gelukkig moet die trou relings nog steeds gemaak word.
Hier is ’n stukkie gereedskap wat julle kan help, om die Gastelys saam te stel, die uitnodigings uit te stuur. Die RSVP’s onder beheer te kry en selfs ’n Geskenke register by te hou waar julle kan kontroleer of almal wat ’n geskenk gegee het ’n dankie sê kaartjie/epos gekry het.
Die allerbeste nuus: Dit is totaal en al gratis. Die ruggraat is ontwikkel deur perdekoop.co.za en uitgebou deur my en as jy dit kan verbeter of toevoegings bysit, stuur dit asseblief aan sodat die volgende persone daardeur geseën kan word. Laai Af


No comments:

Post a Comment