Na 5 jaar se huweliksvoorbereidingskampe het ons op n punt gekom waar ons graag die kampe wou evalueer. Die afgelope twee weke kon mense wat in die verlede die kamp bygewoon het die evauleringsvorm op die web invul. Oor die afgelope 5 jaar was daar 125 paartjies wat deur die kampe is, maw 250 mense. Die reaksie wat ons op die evaluering versoek gekry het was 73 persone(paartjies) wat reageer het. Die punte toegeken en verwerk tot presentasie wat mense gegee het vir hulle belewenis. Die skaal loop dus van 0%(Sleg) tot 100% Uitstekend. Van die vrae het ook plek gehad vir terugvoer. Ons plaas dit dan ook so, soos dit deur die deelnemers geskryf is.
Ek en Danette was aangenaam verras deur die uitkomste van die evaluering. Ons het voor die tyd gese dat ons die resultate hier sal weergee. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan die proses.
Hier volg die evaluering:
Vraag 1: Hoeveel het die Huweliksvoorbereidings kampe julle gehelp?
97.26%
Monday, December 12, 2011
Monday, March 21, 2011
Monday, March 7, 2011
Wat het jou Predikant/Pastoor of Huweliksbevestiger van jou nodig?
As jy na jou Predikant/Pastoor of huweliksbevestiger gaan wat is die nodige dokumentasie wat jy moet saamneem? Die Huwelikswet van Suid-Afrika vra dat Huweliksbevestigers die volgende inligting moet verskaf. Dit word ook vereis dat die paartjie se vingerafdrukke geneem word. Hierdie lys van benodighede is beskikbaar vir aflaai as deel van die groter “My Troue Checklist”
Sunday, March 6, 2011
Beplanning van die Huweliksbevestiging: Inkleding van die Diens
As dit kom by die beplanning van die Huweliksdiens dan dink ons dat daar ’n vaste raamwerk is. Die goeie nuus is dit is nie waar nie. Daar is sekere aspekte wat in die diens moet wees, maar die diens is soepel en kan kreatief ingekleur word. In hierdie artikel gaan ons kyk na verskillende moontlikhede(onhou julle kan dit rondskuif en ook ander voorstelle op die tafel plaas) en nodige inligting:
1. Laaste inligting ten opsigte van die Venue Laai Af
2. Huwelisdiens Laai Af
1. Laaste inligting ten opsigte van die Venue Laai Af
2. Huwelisdiens Laai Af
Saturday, March 5, 2011
Wat soek jy in jou Fotograaf?
1. Styl
Fotograwe verskil baie wat styl betref. Gaan kyk na die Fotograaf se Websites en stel vas of jy gemaklik is met die styl. Maak ook seker dat as daar meer as een fotograaf by n bepaalde diens is, dat jy presies weet wat die persoon se inslag is. Maak die Fotograaf gebruik van Photoshop of ander programme en hou jy van hulle tegnieke.
2. Voorkoms van Fotograaf
Fotograwe is gedurig op die voorgrond, maak seker dat die persoon se voorkoms/kleredrag in lyn is met die gevoel van die dag. Daar is niks so sleg soos ’n trou video met ’n fotograaf wat elke paar minute heen en weer loop en glad nie inpas by die tema van die dag nie. So ’n persoon het die vermoë om uit te staan soos ’n seer vinger. Die persoon moet nie net ingestel wees op die foto’s nie, maar op die hele proses.
3. Die Pakket
Maak seker wat presies die pakket behels. Vra of julle die hoë resolusie foto’s kry, hoeveel en hoe groot is die foto’s wat julle kry. Wat is die koste per uur, is daar ekstra fooie vir oortyd. Is daar spesiale produkte soos Albums, Canvas drukke ens.
Baie van die goeie fotograwe bied ’n uitgebreide diens aan soos:
· Voor-troue foto geleentheid: Die doel van hierdie tipe geleentheid is dat die fotograwe die kliënte kan ontmoet en dat party gemaklik met mekaar kan raak. Dit maak dat jy baie meer ontspanne is op jou troudag omdat jy weet wat om te verwag.

Gereedskap om Gastelys, RSVP's en Geskenke te behartig
Ek glo julle sien baie uit na julle huwelik en al die jare van vreugde wat voorlê. Die gevaar is dat ’n mens so besig kan raak met die troureëlings, dat julle mekaar heeltemal mis. Dit is die ideale plek vir misverstande, twyfel en seer. Dit is juis hierdie tyd wanneer beide van julle die spanning moet hanteer van alles wat nog gedoen moet word en die groot keuses wat jy maak en die spanning wat dit meebring. Om dit makliker te probeer maak vir julle is daar ’n paar dinge wat ek kan doen.
Ek het geleer dat omtrent elke paartjie ’n paar maande voor hulle huwelik deur ’n stryd gaan of dit die regte persoon is, want die hoeveelheid konflik wat deur die troureëlings veroorsaak word, is so groot dat dit die vermoë het om die hele verhouding oor te neem. Dan word daardie lekker tydjies met mekaar gevul met TROU BEPLANNING of trou stress.
Beplan jy jou trou datum: Neem jy skool en sport in ag?
2011 Skool Kalender
Oos Kaap, KwaZulu-Natal, Noord Kaap en Wes Kaap
Kwartaal 1 19 Januarie – 1 April
Kwartaal 2 11 April - 24 Junie
Kwartaal 3 18 Jullie - 30 September
Kwartaal 4 10 Oktober - 9 Desember
Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noord Wes
Kwartaal 1 12 Januarie - 25 Maart
Kwartaal 2 11 April - 24 Junie
Kwartaal 3 18 Jullie - 30 September
Kwartaal 4 10 Oktober - 9 Desember
Suid Afrikaanse Vakansie dae vir 2011
Inligting oor Suid Afrikaanse Krieket Skedules
Inligting oor Suid Afrikaanse Rugby Skedules

Finansiële beplanning vir die hedendaagse vrou
Michelle Human, Regsbemarkingspesialis
Is dit werklik moontlik vir die hedendaagse vrou om alles te hê? Vroue het vandag meer geleenthede, keuses en uitdagings as ooit vantevore. Dit is derhalwe nodig dat vroue ook beheer neem van hul finansiële beplanning om te verseker dat hulle daardeur hul eie lewens beheer, veral ingeval van ‘n lewensveranderende situasie.
My geld – joune of ons s’n? | SARIE
My geld – joune of ons s’n? | SARIE
Die meeste SA vroue sê hulle is finansieel onafhanklik. Tog verwag party dat hul man hulle moet onderhou. Hoe werk júl geldsake?
Resessie? Watter resessie? Die meeste SA vroue maak asof die finansiële krisis nie bestaan nie. Ons spaar nie vir onsself nie, ook nie vir ons kinders se naskoolse opleiding nie. Boonop maak ons skuld wat ons nie kan betaal nie. En ’n kwart van ons het ’n geheime hopie geld iewers . . .
Hierdie inligting kom van vroue self – in ’n nasionale meningspeiling deur women24.com, die grootste vroue-aanlyngemeenskap in die land.
Die drie verskillende Huwelikskontrakte.
‘n Paartjie wat in die huwelik wil tree het die keuse van die volgende huweliksbedelings:
Volgens die Suid-Afrikaanse reg word ‘n huwelik wat sonder ‘n voorhuwelikse kontrak gesluit word, geag binne gemeenskap van goedere te wees. Wanneer partye binne gemeenskap van goedere, ontstaan ‘n gemeenskaplike boedel met die twee partye as gesamentlike administrateurs van die gesamentlike boedel. Alle bates en skulde van beide partye, hetsy verkry voor, tydens wat hulle tydens huweliksluiting besit of daarna bekom, word in gelyke onverdeelde dele gehou deur beide partye en beide partye is ook gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir alle laste (skulde) van enige van die partye tot die huwelik hetsy aangegaan voor of na huweliks sluiting. Die blootstelling van die gemeenskaplike boedel aan alle skulde van beide partye voor en na huweliksluiting is 'n groot risiko veral in gevalle waar een van die partye sy of haar eie besigheid besit.
- binne gemeenskap van goedere
- buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling
- buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling
Volgens die Suid-Afrikaanse reg word ‘n huwelik wat sonder ‘n voorhuwelikse kontrak gesluit word, geag binne gemeenskap van goedere te wees. Wanneer partye binne gemeenskap van goedere, ontstaan ‘n gemeenskaplike boedel met die twee partye as gesamentlike administrateurs van die gesamentlike boedel. Alle bates en skulde van beide partye, hetsy verkry voor, tydens wat hulle tydens huweliksluiting besit of daarna bekom, word in gelyke onverdeelde dele gehou deur beide partye en beide partye is ook gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir alle laste (skulde) van enige van die partye tot die huwelik hetsy aangegaan voor of na huweliks sluiting. Die blootstelling van die gemeenskaplike boedel aan alle skulde van beide partye voor en na huweliksluiting is 'n groot risiko veral in gevalle waar een van die partye sy of haar eie besigheid besit.
Subscribe to:
Posts (Atom)